​27 ongewone skuifdeure wat jy moet sien!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Interior design - Glass Cube - Padova Italy, IMAGO DESIGN IMAGO DESIGN Modern Balkon, Veranda & Teras
Loading admin actions …

Wanneer dit by huise en/of leefspasies kom wat ietwat aan die klein kant is, maak skuifdeure nogal ‘n verskil, aangesien hulle minder vloer oppervlak gebruik om oop- en toe te maak. 

Wat natuurlik ook nog ‘n bonus is is die feit dat skuifdeure in ‘n groot verskeidenheid style beskikbaar is, wat beteken jy sal definitief die model, styl, kleur en grootte kry wat perfek by jou smaak gaan inval. 

Kom ons kyk bietjie na 27 voorbeelde van skuifdeure met verskillende style.

1. Of wat van hierdie elegante skepping wat amper ‘n hele muur volstaan?

2. Dink jy hierdie minimalistiese styl kan in jou huis werk?

3. Hierdie glasdeur is die perfekte moderne styl vir dié klein kombuis en eet area.

4. Hierdie moderne skepping is lig, pragtig en baie subtiel.

5. Ons is mal oor hierdie ontwerp met sy simmetriese styl.

6. Glasdeure kan natuurlik ook help om pragtige uitsigte te geniet.

7. Jy hoef nie bos te gaan met ‘n ingewikkelde ontwerp om ‘n stylvolle deur te geniet nie.

8. Kyk hoe maklik skei hierdie glasdeure die leef area van die kombuis.

9. Wat van houtdeure om ‘n slaapkamer meer af te sonder?

10. Hierdie deure is so glashelder dis amper asof hulle onsigbaar is!

11. Kyk hoe mooi gaan glas en ligte hout saam om hierdie elegante ontwerp te skep.

homify Sürgülü kapılar

12. Kontras is koning met hierdie donker deure en die mure van ligte houtpanele.

13. Dié ontwerp geniet metaal afwerkings om ‘n effense dramatiese voorkoms te skep.

homify Daha fazla oda Oda Ayırıcı & Paravanlar

14. Kyk hoe pragtig gaan die hout en glas saam met die klipmure.

15. As jy onseker van kleur is, kan wit altyd werk.

16. ‘n Swaaideur sou definitief te veel spasie hier gebruik het, of hoe?

17. Glasdeure kan ‘n vertrek ook meer ruim laat voorkom, soos dié ontwerp vir ons wys.

homify Sürgülü kapılar

18. Swartbord verf saam met hout en glas? Wie sou kon dink dat dit so fantasties sou uitdraai?

19. Ons is mal oor hoe hierdie kurwes die deure soos kunswerke laat lyk!

20. Glas, glas en nog glas – te pragtig.

21. Onthou dat die kleure van jou muur en vloer die deur se voorkoms moet komplementeer.

22. Kyk watse fantastiese patroon verleen hierdie deur aan die vertrek.

23. Hierdie glasdeure skei die kombuis en sitkamer heel suksesvol van mekaar sonder om een van die vertrekke kleiner te laat lyk of voel.

24. Nog ‘n voorbeeld van watse treffende styl swartbord verf het.

25. Indien jy wil hê daardie deure moet uitstaan, stel ons ‘n donker kleur voor.

26. Glasdeure is die perfekte ontwerp vir hierdie hoek inloop kas.

27. Ons ondersteun 100% hiérdie kombuis met sy glas kasdeure – sorg net dat die binnekant skoon en netjies bly!

homify Daha fazla oda Oda Ayırıcı & Paravanlar

Gepraat van “skoon”, loer gerus na Cleaning Your Kitchen Equipment.

Ev projenizle ilgili yardıma mı ihtiyacınız var?
Bizimle temasa geçin!

Öne çıkan makaleler