Die kompakte droomhuis

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern Balkon, Veranda & Teras
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking wys vir ons hoe styl en gemak nie noodwendig hand aan hand saam met baie spasie hoef te gaan nie. Ja, ons weet hoe meer spasie jy in hou huis het, hoe beter, maar hierdie huis is ‘n voortreflike voorbeeld van hoe ‘n kompakte uitleg van 154 m² nog steeds in ‘n heel lieflike ruimte omskep kan word.

Dié kompakte droomhuisie is in Saarland, Duitsland geleë en is deur die argitekte by FingerHaus Gmbh gebou.

Die agterstoepie

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

Voordat ons die huis binnegaan, kom ons kyk eers hoe hy van buite lyk. Die houtdek aan die agterkant is nie net daar om fraai te lyk nie, dit bied ook ekstra spasie i.t.v. sosiaal wees en/of ontspan. 

Dink net bietjie hoe gereeld jy daardie buitenste eetkamer stelletjie sal gebruik, met of sonder gaste.

Die hoofingang

homify Ön kapılar

Ons almal weet hoe belangrik ‘n eerste indruk is – en heel duidelik verstaan dié argitekte dit ook, want kyk net hoe sag en vriendlik is die huis se kleur pallet: room-kleur mure wat lieflik kontrasteer met die donker afwerkings van die voordeur, vensterrame en dak. 

En natuurlik is ‘n tikkie varsheid in die vorm van ‘n potplant of twee altyd welkom!

Kook en geniet

homify Modern Mutfak

Die oop-plan ruimte aan die binnekant is waar ons die kombuis en eetkamer aantref. Kan jy jouself sien ‘n storm loskook terwyl vriende en familie jou geselskap hou aan tafel? 

Wat dink jy van die kombuis se super moderne styl, wat heel duidelik ook die nuutste toestelle insluit?

Die boonste slaapkamer

homify Modern Yatak Odası

Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer geleë, nie net om meer privaatheid te geniet nie, maar ook pragtige uitsigte van die omliggende landskap. 

En nes die kombuis en eetkamer geniet die slaapkamer ‘n treffende moderne styl wat kleure, teksture, meubels en dekor aanbetref.

Die moderne badkamer

homify Modern Banyo

Ons sluit af hierdie moderne storie met die badkamer, wat vir ons wys hoe ‘n klein uitleg nog steeds super modieus kan lyk. Ja, hierdie vertrek is klein, en dis juis hoekom daar nie baie dekorstukkies bygevoeg is nie – maar met so ‘n pragtige teëlvloer wat lekker tekstuur en patroon aan die badkamer verleen, het mens mos nie ander pragstukkies nodig nie, of hoe?

Gepraat van badkamers, kyk net na: 12 budget-friendly ways to improve your bathroom.

Ev projenizle ilgili yardıma mı ihtiyacınız var?
Bizimle temasa geçin!

Öne çıkan makaleler