​Michelle se fantastiese Johannesburg huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern Bahçe
Loading admin actions …

Geleë in een van die mooiste en mees gesogte areas in suidelike Johannesburg is vandag se homify 360° ontdekking: ‘n treffende Aspen Hills huis wat spog met sjiek afwerkings, ruim uitlegte en ‘n fantastiese toewyding aan ‘n ontwerp wat nie net pragtig lyk nie, maar ook prakties is. 

Wanneer mens die huis instap, betree jy ‘n hoë, dubbele volume ingangsportaal wat spog met ‘n treffende trap ontwerp wat ophelder danksy glinsterende beligting – soveel klas en styl, en mens het nog nie eers die hele huis ontdek nie!

Die boonste verdieping is waar ons die meer privaat en stil areas aantref wat met ‘n sagte styl spog – die huis bied drie ruim slaapkamers, en nie minder as twee spog met hul eie privaat balkonne! Die hoofslaapkamer geniet ook sy eie inloop kas en privaat badkamer. Hierdie vertrek word omring deur tamaai vensters wat die lieflike uitsig van die eiendom na binne bring. Die twee addisionele slaapkamers het heerlike kasspasie en houtvloere, en daar is dan ook ‘n ekstra vertrek wat perfek kan werk as ‘n studeerkamer of ‘n gastekamer. 

Die grondvloer is waar ons die lieflike oopplan uitleg aantref waar die inwoners (en hul gaste) na hartelus sosiaal kan verkeer, met ‘n super moderne kombuis wat prakties in ‘n eetkamer en sitkamer invloei. Die kombuis se toonbanke is met pragtige Caesar klip versier en bied ook ontwerperskaste met hope glans, ‘n spens, en meer as genoeg spasie vir ‘n oorvloed toestelle. 

Daar is ook 'n ekstra studeerkamer wat as 'n slaapkamer vir gaste gebruik kan word, en wat opgestyl kan word soos dit die inwoners se persoonlike smaak pas. ‘n Ekstra badkamer met sy eie unieke styl is ook bygevoeg.

Die leefarea is geteël met glasporselein, wat beteken dat dit nie net visueel pragtig is nie, maar ook so maklik om skoon te maak. ‘n Deur lei ons na die buite area, waar nog meer pret en plesier op ons wag: hierdie tuin is een van die grootste op die Aspen-landgoed, en bied ook al die ander “noodsaaklikhede” wat mens benodig om een ordentlike sosiale lewe te geniet, soos ‘n swembad, groot stoep, netjiese grasperk en 'n ingeboude braai. Die voorkant van die eiendom is ook versier met 'n fontein wat help om ‘n rustige atmosfeer te skep.

1. Die pragtige voorkant slaan asems weg sommer van die begin af.

homify Modern Bahçe

2. Glinsterende porseleinteëls in spierwit vloei deur die hele leef area.

homify Modern Yemek Odası

3. Hierdie slaapkamer geniet ‘n moderne styl en helder kleurskema, asook sy eie balkon.

homify Modern Yatak Odası

4. Die tweede slaapkamer spog ook met fantastiese vensters wat die omliggende tuin na binne bring.

homify Modern Yatak Odası

5. Hierdie badkamer geniet ‘n sjiek en moderne styl wat nie net pragtig is nie, maar ook prakties.

homify Modern Banyo

6. Die tweede badkamer het ‘n meer subtiele styl, maar bied nog steeds al die noodsaaklikhede.

homify Modern Banyo

7. Die hoofslaapkamer geniet beslis die beste van die beste wanneer dit kom by styl, ontwerp en uitsig.

homify Modern Yatak Odası

8. Hierdie foto van die eetkamer wys ‘n pragtige kombinasie van moderne- en klassieke style.

homify Modern Yemek Odası

9. Wat is ‘n ruim kombuis nou sonder ‘n pragtige eiland?

homify Modern Mutfak

10. Die ander badkamer weet hoe om ‘n luukse indruk te skep met sy treffende ontwerp.

homify Modern Banyo

11. ‘n Kykie na buite wys vir ons hoe groot en ruim die agtererf (en swembad) werklik is.

homify Modern Havuz

12. Van hier af kan ons sien hoe groot die oopplan area is wat die sit- en eetkamer kombineer.

homify Modern Oturma Odası

13. Danksy ‘n neutrale kleurskema, sal enige kleure en teksture sommer maklik by hierdie badkamer inpas.

homify Modern Banyo

14. Hier balkon is perfek vir ‘n eettafel en bypassende stoele vir wanneer mens bietjie vars lug wil geniet!

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

15. Die afdak stoep bied ‘n ingeboude braai en kuierspasie wat netjies uit die huis uitvloei.

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

16. Vanaf hierdie oogpunt kan ons sien hoe lekker ruim daardie grasperk is, wat natuurlik soveel potensiaal bied!

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

17. Hierdie slaapkamer se kas bied oorgenoeg spasie sonder om die vertrek klein te laat voel.

homify Modern Yatak Odası

18. En kyk net hoe baie spasie daar nog oorbly in die hoofslaapkamer! Wat sal jy hier bylas?

homify Modern Yatak Odası

19. Hierdie badkamer is beslis ons gunsteling in die hele huis, danksy daardie unieke ontwerp wat soveel karakter geniet.

homify Modern Banyo

20. En wat dink jy van daardie lieflike dakligte wat lig én styl aan die oopplan kombuis verskaf?

homify Modern Mutfak

21. Hierdie spaarkamer kan as ’n gastekamer, studeerkamer, of albei gebruik word.

homify Modern Yatak Odası

22. Kyk hoe vloei die buitestoep saam met die kombuis en eetkamer – so asof dit een groot vertrek is.

homify Modern Oturma Odası

23. Daardie luukse L-vorm sofa anker die leefarea met styl!

homify Modern Oturma Odası

24. Ons sluit af met hierdie kykie na die agtererf – wat sal jy byvoeg as dit jou huis was?

homify Modern Havuz

Loer bietjie na Die pragtigste huis in die Kaap om te sien hoe die twee huise vergelyk.

Ev projenizle ilgili yardıma mı ihtiyacınız var?
Bizimle temasa geçin!

Öne çıkan makaleler