​30 idees vir jou pergola en ander tuin strukture

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify İskandinav Bahçe
Loading admin actions …

Somer is om die draai, en dit beteken mos dat ons weer lekker buite kan kuier! En aangesien naweek braaie en kuiers saam met vriende en familie weer op meeste van ons se lysies is, het ons besluit om met vandag se stukkie te fokus op pergolas en ander konstruksies wat jou tuin soveel meer stylvol en prakties gaan maak vir daardie volgende samekoms – mens hoef mos nie elke keer uit te gaan om ‘n goeie tyd te geniet nie, of hoe?

1. Hoe bekoorlik is hierdie houtpergola met baksteen pilare nie?

2. Subtiel maar tog so stylvol!

homify İskandinav Bahçe

3. Dié pergola met sy glasdak is perfek vir wanneer die somerreën dreig om jou kuiertjie te bederf.

homify Modern Bahçe

4. Die trefkrag van metaal laat hierdie ontwerp pragtig uitstaan.

5. Hoe klassiek is hierdie ontwerp met sy kurwes nie?

6. ‘n Buite-kombuisie is ideaal vir die somer!

7. Ons is mal oor die rustieke styl van hierdie houtonwerp.

homify Rustik Bahçe Sera & Çardaklar

8. En gepraat van hout, kyk net hoe treffend kan dit enige struktuur (binne of buite) laat lyk.

9. ‘n Glasdak is perfek om natuurlike lig deur te laat, en niks anders nie.

TERRAZA VIDRIO LAMINADO, DEAALUM DEAALUM Modern Balkon, Veranda & Teras

10. Hierdie kuierhoekie op die balkon is dalk klein, maar beslis belowend.

11. ‘n Klomp blompotte en plante kan enige spasie soveel beter en varser laat lyk.

12. Hierdie tuinpergola is reguit uit ‘n styl-tydskrif!

homify Rustik Bahçe Sera & Çardaklar

13. Kyk net hoe kontrasteer die kurwes van die swembad met die reguit lyne van dié afdakkie.

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

14. Enige kuier area met sy eie pizza-oond kry ons stem!

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

15. ‘n Oopdak-ontwerp vir wanneer die weer mooi is…

… en ‘n toe-een net ingeval die reën wil saamkuier.

16. Ons het soveel opsies om verskillende materiale te kombineer, soos hierdie glas-en-hout ontwerp.

17. Wie sal ooit binnekant wil wees met só ‘n lieflike afdak balkon?

18. Eenvoudig en prakties – genoeg om enigiemand jaloers te maak.

19. ‘n Bietjie teëltjie styl met kleure en patrone het geen tuin nog ooit skade aangedoen nie.

20. Met hierdie uitleg is ons van die stoep na die swembad sommer tjop-tjop!

21. Kyk hoe treffend is hierdie afdak stoep se hout plafon.

22. Dié kliptuin laat die houtdek en pergola net nog meer bekoorlik lyk.

23. Wie’t gesê jy kan nie ‘n lieflike afdak pergola op jou klein balkon geniet nie?

24. Ons is seker hierdie agterstoepie kry heerlike aandag, veral oor naweke.

25. Sien jy nou dat baie styl beslis in klein spasies kan pas?

26. Hierdie teëldakkie sal enige stoepie meer uniek laat lyk.

27. Hierdie dakkie-en-balkon ontwerp maak ons sommer lus vir ‘n tropiese vakansie!

28. Nes hout, kan yster so modern, stylvol en treffend lyk soos wat jy wil hê.

29. Dié riet-en-rottang ontwerp bied soveel inspirasie.

30. Al ooit daaraan gedink om herwinde hout vir jou pergola/stoepie te benut?

homify Modern Balkon, Veranda & Teras

Ev projenizle ilgili yardıma mı ihtiyacınız var?
Bizimle temasa geçin!

Öne çıkan makaleler