​5 klein-maar-kragtige huise wat spasie spaar

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Rustik Evler
Loading admin actions …

Grootte is nie als nie; wat jy daarmee doen is belangriker! Dit blyk ook waar te wees wanneer dit by huise kom, en hierdie 5 voorbeeldjies wat ons vandag gaan beloer is dalk effens aan die klein kant, maar staan beslis nie terug wanneer dit by styl kom nie.

Modernrustiektropies… maak nie saak nie – al 5 hierdie huise bied genoeg spasie aan die binnekant, asook oorgenoeg potensiaal aan die buitekant om heerlike bly- en kuierhuise te wees.

1. Wie sou kon dink ‘n 80m² struktuur kan so oulik lyk? Daardie oop ontwerp nooi mens sommer dadelik na binne!

2. Dit lyk dalk nes ‘n pophuisie, maar hierdie een kan perfek werk as ‘n spaar slaapkamer, kuns ateljee, of enige ander struktuur apart van die huis.

3. Sien hoeveel meer elgant word hierdie skepping danksy daardie neutrale kleurskema aan die buitekant?

homify

4. Is daar enigiets wat klip nie kan regkry nie? Kyk net hoeveel karakter skep dit vir hierdie huis se buitekant. En daardie afdak stoep is om van te droom.

homify Rustik Evler

5. Hoe kleiner die huis, hoe meer spasie is daar oor op die erf. En dink net watse pragtige meubels, tuin, pergolas, swembad ens. hierso kan pas.

Ev projenizle ilgili yardıma mı ihtiyacınız var?
Bizimle temasa geçin!

Öne çıkan makaleler